Psalms 150 - Bybel vir almal

Alles wat lewe, moet die Here prys

1Julle moet die Here prys!

Julle moet God prys in sy tempel,

julle moet Hom prys onder sy sterk hemeldak.

2Julle moet Hom prys

omdat Hy groot dinge gedoen het,

julle moet Hom prys,

want Hy is baie groot.

3Julle moet die ramshorings blaas,

julle moet die Here prys.

Julle moet op die harpe en die liere speel,

julle moet die Here prys.

4Julle moet op die tamboeryne slaan

en julle moet dans,

julle moet die Here prys.

Julle moet snaarmusiek maak

en julle moet die fluite blaas,

julle moet die Here prys.

5Julle moet die simbale teen mekaar slaan,

almal moet dit hoor, dit moet raas.

6Alles wat lewe, moet die Here prys.

Julle moet die Here prys!

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help