Psalms 93 - Bybel vir almal

Die Here is Koning

1Die Here is Koning.

Hy dra sy koningklere,

Hy is sterk.

Hy laat die aarde vas staan,

dit skud nie.

2Here, u troon staan vas van die begin af,

U was van altyd af daar.

3Here, die watervloed het geraas,

die watervloed het hard geraas,

die branders van die watervloed het geraas.

4Die Here wat uit die hemel regeer,

is sterker as die baie water,

Hy is sterker as die branders van die see.

5Here, u wette sal nooit verander nie,

u tempel moet altyd 'n gewyde plek wees.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help