Psalms 129 - Bybel vir almal

Ek bid dat almal wat vir Sion haat, sal verloor

1'n Lied wanneer mense na die tempel gaan.

“Ek het baie vyande gehad vandat ek jonk was,”

dit moet die volk Israel sê,

2“ek het baie vyande gehad vandat ek jonk was,

maar hulle kon my nie wen nie.

3Hulle het my rug stukkend geslaan met swepe.

Dit het gelyk soos wanneer iemand geploeg het

en die grond stukkend gebreek het.

4Die Here het reg gedoen,

Hy het die toue losgesny

waarmee die mense my vasgebind het,

die mense wat verkeerd doen.

5Ek bid dat almal wat vir Sion haat,

sal verloor en sal verdwyn.

6Ek bid dat hulle sal wees soos gras

op huise se dakke, gras wat droog word

voordat dit mooi gegroei het.

7Niemand kan dit afsny en die gerwe vasbind nie.

8Niemand sal verbykom en sê:

‘Ons bid dat die Here julle sal seën’ nie.

Niemand sal sê: ‘Ons seën julle,

ons weet dat die Here julle sal seën’ nie.”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help