Psalms 126 - Bybel vir almal

U moet dit weer beter laat gaan met ons

1'n Lied wanneer mense na die tempel gaan.

Dit was vir ons soos 'n droom

toe die Here dit beter laat gaan het met Sion.

2Toe het ons gelag en gesing,

toe het ander mense gesê:

“Die Here het groot dinge gedoen

vir hierdie mense.”

3Die Here hét groot dinge gedoen

vir ons, en ons was bly.

4Here, U moet dit weer beter laat gaan met ons.

Dit moet wees soos wanneer daar weer water vloei

in die droë slote in die Suid-land.

5Mense wat huil wanneer hulle koring saai,

sal sing wanneer hulle die koring afsny.

6Iemand wat loop en huil terwyl hy die saadsak dra,

sal loop en sing wanneer hy die gerwe dra

wat hy afgesny het.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help