Psalms 85 - Bybel vir almal

Die Here sal reg doen aan ons

1Vir die leier van die koor: Van die Korag-groep. 'n Psalm.

2Here, U was goed vir u land,

U het dit weer goed laat gaan met die nageslag van Jakob,

3U het die dinge wat u volk gedoen het, vergewe,

U het al hulle sondes vergewe.

Sela

4U was nie meer kwaad vir hulle nie,

U het opgehou om kwaad te wees.

5O God, U wat altyd vir ons gered het,

U moet dit weer goed laat gaan met ons.

6Wil U altyd kwaad wees vir ons?

Moet elke geslag voel dat U kwaad is?

7U moet ons weer laat lewe,

sodat ons, u volk, bly kan wees

omdat ons aan U behoort.

8Here, U moet vir ons wys

dat U doen wat U belowe het,

U moet ons weer red.

9Ek wil hoor wat God die Here sê,

want Hy sal sê dat dit weer goed sal gaan

met sy volk, met die mense wat in Hom glo.

Maar hulle moenie weer dwase dinge doen nie.

10Dit is seker, die tyd is naby

wanneer die Here die mense sal red wat Hom dien.

Dan sal Hy, die Koning, by ons in ons land wees.

11Hy sal doen wat Hy belowe het,

en sy volk sal doen wat hulle moet doen.

Hy sal reg doen aan hulle,

en dit sal goed gaan met hulle.

12Die mense sal doen wat hulle moet doen,

en die Here sal reg doen aan hulle.

13Hy sal ook vir ons goeie dinge gee,

en daar sal baie koring in ons land wees.

14Die Here sal reg doen aan ons,

oral waar Hy gaan.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help