Psalms 73 - Bybel vir almal

Dit is vir my goed om naby God te wees

1'n Psalm van Asaf.

God is goed vir Israel, dit is seker,

Hy is goed vir mense wat aan Hom behoort.

2En ek?

Ek het amper geval,

my voete het amper gegly,

3want ek het gesien dit gaan goed

met hoogmoedige mense,

die mense wat verkeerd doen,

en ek was jaloers op hulle.

4Want hulle is nie bang vir die dood nie,

hulle is vet en gesond.

5Hulle kry nie swaar soos ander mense nie,

niks wat sleg is, gebeur met hulle nie.

6Daarom is hulle so hoogmoedig

en is hulle altyd gereed om ander mense seer te maak.

7Hulle is baie vet, dit lyk of hulle oë wil uitval,

hulle dink hulle kan enige iets doen.

8Hulle spot en hulle praat

oor hoe hulle slegte dinge kan doen,

hulle is hoogmoedig en hulle praat

oor hoe hulle ander mense kan laat swaarkry.

9Hulle praat teen almal in die hemel,

hulle sê enige iets wat hulle wil sê oor ander mense.

10Daarom kom luister mense graag

na alles wat hierdie mense sê.

11Die mense wat verkeerd doen,

dink dat God nie weet wat hulle doen nie,

hulle dink die Hoogste God weet niks.

12Kyk hoe is die mense wat verkeerd doen,

hulle is oor niks bekommerd nie en hulle word ryk.

13Waarlik, ek het rein gebly

en ek het niks gedoen wat verkeerd is nie,

maar dit het my niks gehelp nie.

14Ek het aangehou swaarkry,

God het my elke dag gestraf.

15Maar as ek gedink en gepraat het

soos die mense wat verkeerd doen,

dan was ek nie meer een van die mense

wat aan God behoort nie, dit weet ek.

16Ek het gedink en ek het dit probeer verstaan,

maar dit was moeilik vir my.

17En toe het ek in die tempel

van God gekom

en ek het verstaan wat gebeur

met die mense wat verkeerd doen.

18Waarlik, U laat hulle op gladde plekke loop,

U laat hulle val, daar bly niks oor van hulle nie.

19Skielik is hulle niks, hulle is baie bang en hulle sterf.

20Dit gaan met hulle soos met 'n droom,

dit is weg wanneer jy wakker word.

Here, U laat hulle verdwyn

wanneer U dit besluit.

21Toe ek ongelukkig en hartseer gevoel het,

22was ek dom, ek het niks verstaan nie,

ek was soos 'n dier by U.

23Maar ek is altyd by U, U hou my hand vas.

24U leer vir my wat om te doen en U lei my,

en eendag sal U my na U toe neem,

U wat Koning is.

25Ek behoort aan U, en daar is niks anders

wat ek wil hê in die hemel of op die aarde nie.

26Wanneer my liggaam en my gees swak is,

dan is dit U, o God, wat my Rots is,

U wat alles is wat ek wil hê.

27Dit weet ek, elkeen wat ver van U is, sal sterf,

U laat elkeen verdwyn wat ontrou is aan U.

28Maar ek, dit is vir my goed om naby God te wees,

Here, my Here, ek weet U sal my beskerm.

Ek sal vir almal vertel wat U doen.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help