Psalms 76 - Bybel vir almal

Die konings van die aarde moet vir God eer

1Vir die leier van die koor: Met snaarmusiek. 'n Psalm van Asaf. 'n Lied.

2Die mense van Juda ken vir God,

die mense van Israel ken Hom.

3Jerusalem is God se woonplek,

Sion is die plek waar Hy graag wil wees.

4Daar het Hy die vyande se brandpyle gebreek

en ook hulle skilde en swaarde.

Daar het Hy die oorlog laat ophou.

Sela

5U het soos 'n koning teruggekom

nadat U die vyande oorwin het op die berge.

6U het alles gevat

wat die dapper manne van die vyand gehad het,

hulle het gesterf,

hulle kon nie veg nie.

7Toe die God van Jakob gepraat het,

kon die soldate op perde en oorlogkarre

niks doen nie.

8U, o God, almal is bang vir U.

Wanneer U kwaad is,

dan kan niemand voor U staan nie.

9Toe U uit die hemel praat en reg doen aan mense,

het die mense op die aarde bang geword en stilgebly.

10Dit was toe God begin het om te oordeel

en om al die mense op die aarde te red

wat hulleself nie kan help nie.

Sela

11Mense het kwaad geword vir U,

maar ook húlle moes U prys,

hulle moes vir U dien,

almal wat kwaad was vir U.

12Julle moet vir julle God die Here die offers bring

wat julle belowe het.

Die mense rondom die tempel moet presente bring

vir God.

Hy is die God vir wie almal moet eer.

13Hy verneder leiers wat hoogmoedig was,

die konings van die aarde moet Hom eer.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help