Miga 6 - Bybel vir almal

Die Here sê sy volk het verkeerd gedoen

1Luister wat sê die Here.

Julle moet praat met die berge

en die heuwels.

2Berge, julle is die fondamente

van die aarde,

julle moet luister na wat die Here sê,

want die Here sê sy volk

het verkeerd gedoen.

Hy vra:

3“My volk, wat het Ek

aan julle gedoen wat verkeerd is?

Hoe het Ek julle moeg gemaak?

Antwoord My!

4Ek het julle uit Egipte gebring,

Ek het julle vrygemaak uit die plek

waar julle slawe was.

Ek het gesê Moses en Aäron

en Mirjam moet julle lei.

5“My volk, julle moet onthou

wat koning Balak van Moab

met julle wou doen

en wat Bileam seun van Beor

vir hom gesê het.

Julle moet alles onthou

wat gebeur het

tussen die stede Sittim en Gilgal

sodat julle kan weet

wat die Here gedoen het

om julle te red.”

Waarmee sal ek die Here dien?

6Julle vra:

“Wat moet ek saamneem

as ek na die Here

se tempel gaan?

Waarmee sal ek die Here dien?

Die Here is groot.

Moet ek brand-offers

vir Hom bring?

Moet ek vir Hom kalwers offer?

7Sal die Here hou

van 1 000 skaap-ramme,

en van 10 000 riviere

vol olyf-olie?

Moet ek my oudste seun offer

omdat ek sonde gedoen het?”

Julle moet gehoorsaam wees aan julle God

8Die Here het vir julle gesê

wat reg is.

Hy wil net hê julle moet doen

wat reg is.

Julle moet Hom altyd dien.

Julle moet gehoorsaam wees aan julle God.

9Die Here roep die mense

van Jerusalem.

Elke mens wat weet wat reg is,

moet bang wees vir sy God.

Julle is 'n klomp slegte mense

Die Here sê:

“Luister, koning en almal

wat in die stad bymekaar is,

10julle is 'n klomp slegte mense.

Ek hou nie daarvan

dat julle skelm is

wanneer julle iets meet en weeg nie.

11Ek sien wanneer julle iets weeg

met 'n weegskaal wat nie reg weeg nie.

12Die ryk mense doen slegte dinge

aan die arm mense,

en almal in die stad lieg

en bedrieg.

13“Daarom het Ek klaar begin

om julle te straf

omdat julle sonde gedoen het.

14Julle sal eet, maar julle

sal nie vol word nie,

julle sal honger bly.

Julle sal julle goed bêre,

maar Ek sal dit gee

vir die mense wat teen julle

oorlog maak.

15Julle sal koring saai,

maar julle sal nie koring afsny nie.

Julle sal olie druk uit die olywe,

maar julle sal nie olie kry

om aan julleself te smeer nie.

Julle sal sap uit die druiwe druk,

maar julle sal nie wyn kry

om te drink nie.

16Julle het gelewe

soos die slegte konings

Omri en Agab.

Daarom sal Ek vyande laat kom,

en hulle sal julle stad verwoes.

Hulle sal baie slegte dinge doen aan julle

en hulle sal julle spot.”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help