Psalms 3 - Bybel vir almal

Dit is net die Here wat kan help

1'n Psalm van Dawid, toe hy weggevlug het van sy seun Absalom.

2Here, ek het baie vyande,

baie mense is opstandig teen my.

3Baie mense sê God sal my nie red nie.

Sela

4Maar, Here, U is vir my soos 'n skild,

U beskerm my van al die kante.

U maak my belangrik, mense respekteer my.

5Wanneer ek die Here roep,

dan antwoord Hy my van bo-op sy gewyde berg.

Sela

6Ek gaan lê en slaap, en ek word weer wakker,

want die Here beskerm my.

7Ek is nie bang wanneer tienduisende mense

my van al die kante wil aanval nie.

8Ek sê: Here, U moet kom!

My God, U moet my weer red!

Ek vra dit, want U het my vyande

hard geslaan op die kakebeen,

U het die mense wat verkeerd doen,

se tande gebreek.

9Dit is net die Here wat kan help.

U laat dit goed gaan met u volk.

Sela

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help