Psalms 1 - Bybel vir almal

Die Here gaan saam op die pad van die mense wat reg doen

1Dit gaan goed met 'n mens

wat nie luister na mense wat verkeerd doen nie,

wat nie doen wat sondaars doen nie,

en wat nie saam spot wanneer mense sit en spot nie.

2Dit gaan goed met 'n mens wat lief is

vir wat die Here sê,

'n mens wat elke dag en nag dink aan wat die Here sê.

3So 'n mens sal wees soos 'n boom

wat langs 'n waterstroom groei,

'n boom wat vrugte dra op die regte tyd,

en wat blare het wat altyd groen is.

Dit gaan goed met alles wat hy doen.

4Maar dit gaan nie so met mense

wat verkeerd doen nie.

Mense wat verkeerd doen, is soos kaf,

die wind waai hulle weg.

5Daarom sal die mense wat verkeerd doen,

die sondaars,

nie kan kom by die Here,

die Regter, nie,

daar waar mense wat reg doen, bymekaar is.

6Ja, die Here gaan saam

op die pad van die mense wat reg doen,

maar die pad van die mense wat verkeerd doen,

bring hulle by die dood.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help