Psalms 142 - Bybel vir almal

Ek het net vir U in hierdie lewe

1'n Lied. Van Dawid, toe hy in die grot was. 'n Gebed.

2Ek roep en ek vra dat die Here my moet help,

ek bid dat die Here genadig moet wees vir my.

3Ek wil by die Here kla, ek wil vir Hom vertel

hoe sleg dit met my gaan.

4Wanneer ek moedeloos word,

dan is dit U wat weet wat met my gebeur.

My vyande het vir my 'n vangnet styfgetrek

op die pad waar ek loop.

5Wanneer ek langs my kyk,

dan is daar niemand

wat van my weet nie.

Daar is nie 'n plek waarnatoe ek kan vlug nie,

niemand is bekommerd oor my nie.

6Here, ek bid tot U, help my asseblief,

dit is U wat my moet beskerm,

ek het net vir U in hierdie lewe.

7U moet luister wanneer ek bid,

want dit gaan baie sleg met my.

U moet my red van die mense wat my jaag,

want hulle is te sterk vir my.

8U moet my uithaal uit die tronk,

dan sal ek vir U dankie sê,

en die mense wat reg lewe,

sal rondom my kom staan

omdat U goed was vir my.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help