Psalms 16 - Bybel vir almal

U leer vir my hoe om te lewe

1'n Lied van Dawid.

My God, U moet my beskerm,

ek wil veilig wees by U.

2Here, ek het vir U gesê ek behoort aan U,

al die goeie dinge wat ek het, kom van U.

3Daar is afgode in hierdie land,

en daar is mense wat van hulle hou

en wat dink dat die afgode heilig en sterk is.

4Dit sal baie sleg gaan met mense

wat in daardie afgode glo.

Ek sal nie drank-offers van bloed

vir hulle gee nie,

ek sal nooit hulle name sê nie.

5Here, ek het net vir U,

dit is net U wat my kan laat lewe,

dit is Ú wat besluit wat met my sal gebeur.

6U laat my woon op 'n plek wat baie mooi is,

ek is lief vir die plek wat U vir my gegee het.

7Ek prys die Here, Hy sê vir my wat ek moet doen,

ook in die nag dink ek aan wat U vir my leer.

8Ek weet die Here is altyd naby my.

Ek val nie, want Hy is by my.

9Daarom, ek is bly, ek juig, ek is altyd veilig,

10want U sal my nie los nie, ek sal nie sterf nie.

Ek glo in U, en U sal my nie in die graf laat kom nie.

11U leer vir my hoe om te lewe,

U leer vir my dat 'n mens wat naby U is,

'n dankbare mens is,

U leer vir my dat dit altyd lekker is by U.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help