Psalms 46 - Bybel vir almal

God beskerm ons en maak ons sterk

1Vir die leier van die koor: Van die Korag-groep. Dieselfde musiek soos vir die lied “Jong Vroue.” 'n Lied.

2God beskerm ons en Hy maak ons sterk,

Hy is altyd gereed om ons te help.

3Daarom is ons nie bang nie,

ook nie wanneer die aarde skud,

en die berge tot in die see val nie,

4ook nie wanneer die water van die see

raas en skuim,

en sy wilde branders die berge laat bewe nie.

Sela

5Daar is 'n rivier,

sy strome maak die mense bly

wat woon in die stad van God,

die gewyde woonplek

van die Hoogste God.

6God is in hierdie stad,

niemand sal die stad oorwin nie,

God sal die stad help wanneer dit oggend word.

7Volke het geraas, lande is verwoes.

Wanneer die Here praat, dan smelt die aarde weg.

8Die Here wat oor alles regeer, is by ons,

die God van Jakob beskerm ons.

Sela

9Julle moet kom kyk wat die Here doen,

kom kyk watter wonderlike dinge Hy op die aarde doen:

10Hy het oorloë laat ophou op die hele aarde,

Hy het pyl en boog gebreek,

spiese stukkend geslaan

en skilde verbrand.

11Hy het gesê: “Julle moet ophou veg,

julle moet weet dat Ek God is,

Ek is hoog bo die volke, hoog bo die aarde.”

12Die Here wat oor alles regeer, is by ons,

die God van Jakob beskerm ons.

Sela

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help