Psalms 120 - Bybel vir almal

Ek wil vrede hê

1'n Lied wanneer mense na die tempel gaan.

Toe dit sleg gegaan het met my,

het ek geroep en gevra

dat die Here my moet help,

en Hy het my geantwoord.

2Ek het gevra: “Here, U moet my red

van mense wat lieg en bedrieg.”

3Julle wat vir ander mense bedrieg,

weet julle hoe die Here julle sal straf?

4Hy sal julle straf met die skerp pyle van soldate,

met die warm kole vuur van besembos-hout.

5Dit gaan sleg met my,

want dit voel of ek in die land Mesek woon

of tussen die tente van die land Kedar.

6Ek het baie lank gewoon tussen mense

wat nie hou van vrede nie, te lank.

7Ek wil vrede hê, maar wanneer ek oor vrede praat,

dan wil hulle oorlog hê.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help