Psalms 43 - Bybel vir almal

U moet u lig vir my laat skyn

1U self moet my oordeel, o God,

U moet my verdedig teen mense

wat nie aan U behoort nie,

U moet my red van mense

wat lieg en onregverdig is.

2Ja, U is die God wat my moet beskerm.

Hoekom het U my weggestoot?

Hoekom moet ek aanhou rou

omdat vyande my laat swaarkry?

3U moet u lig vir my laat skyn

en U moet die waarheid oor my sê.

U lig en u waarheid moet my lei

en moet my terugneem na

u gewyde berg, u woonplek.

4Dan sal ek na die altaar van God gaan,

die God wat my bly maak.

Ek sal U prys met die lier, o God, my God.

5Ek moenie so treurig en ontsteld wees nie,

ek moet glo dat God my sal help,

ja, ek sal weer 'n lied sing om Hom te prys.

Hy is naby, Hy sal my red,

Hy is my God.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help