Job 41 - Bybel vir almal

1Die krokodil is wreed wanneer jy

hom wakker maak.

“As mense bang is vir 'n krokodil,

wie kan dan voor Mý bly staan?

2Alles op die aarde behoort aan My.

Niemand kan sê dat Ek iets vir hom skuld nie.

3“Ek wil ook praat oor die liggaamsdele

van die krokodil,

en Ek wil praat oor hoe sterk

en goed gebou hy is.

4Niemand kan hom van voor aanval

en sy vel afslag nie,

sy vel is soos 'n harnas.

5Niemand kan sy kakebene oopmaak nie,

almal is bang vir sy tande.

6Die rye skubbe op sy rug

lê vas teen mekaar,

7so vas dat die wind nie

daardeur kan waai nie.

8Die skubbe is so vas teen mekaar

dat niemand hulle kan losmaak

van mekaar nie.

9Wanneer die krokodil nies,

dan lyk dit soos vuurvlamme,

en sy oë is so rooi

soos die son vroeg in die oggend.

10Daar kom vuur uit sy bek,

die vuurvlamme skiet uit sy bek.

11Daar kom stoom uit sy neusgate,

soos uit 'n pot wat kook.

12Sy asem steek vuur aan die brand,

daar kom vlamme uit sy bek.

13Sy nek is baie sterk,

almal skrik wanneer hulle hom sien.

14Die sagste deel van sy liggaam

is so hard soos metaal.

15Hy is vir niks bang nie,

sy hart is so hard soos klip,

so hard soos die onderste maalklip.

16Wanneer hy opkom uit die water,

dan skrik almal wat sterk is,

hulle vlug wanneer hy die water

slaan met sy stert.

17Dit help nie om hom te steek

met 'n swaard nie,

ook nie met 'n spies of 'n pyl nie.

18Yster en brons is vir hom soos kaf,

soos vrot hout.

19Hy vlug nie vir 'n pyl en boog nie,

klippe uit 'n slingervel maak hom nie seer nie.

20'n Knopkierie kan niks doen aan hom nie,

en hy lag wanneer mense spiese na hom gooi.

21Die skubbe op sy pens

is soos die stukkies van 'n kleipot,

waar hy loop, daar lyk dit of iemand

'n dors-slee oor die grond gesleep het.

22Hy laat die diep water kook soos 'n pot,

hy laat die water skuim soos 'n pot vol medisyne.

23Wanneer 'n krokodil swem,

dan lê daar 'n blink streep agter hom,

dit lyk of daar skuim lê op die diep water.

24Ook op die grond kan niemand

hom wen nie, hy is vir niks bang nie.

25Hy dink dat al die trotse diere

minder belangrik is as hy,

hy is hulle koning.”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help