Spreuke 11 - Bybel vir almal

Mense wat reg lewe, sal aanhou lewe

1Die Here haat 'n weegskaal wat nie reg weeg nie,

Hy hou van gewigte wat presies reg weeg.

2Mense sal 'n hoogmoedige mens maklik verneder,

wyse mense is nederig.

3Eerlike mense hou aan om reg te lewe,

mense wat ontrou is,

sterf omdat hulle skelm is.

4Wanneer die Here kwaad is vir jou,

dan help dit nie dat jy ryk is nie,

maar wanneer jy reg lewe,

dan sal dit jou lewe red.

5Die pad van eerlike mense is gelyk,

want hulle doen reg.

'n Mens wat verkeerd doen,

sterf omdat hy verkeerd doen.

6Mense wat reg lewe, sal aanhou lewe,

want hulle doen reg,

maar die dinge wat ontrou mense graag wil hê,

vang daardie mense.

7Wanneer die mens wat verkeerd doen, sterf,

dan sterf alles wat hy gehoop het,

saam met hom,

slegte mense kan nie hoop dat dit later

goed sal gaan nie.

8Wanneer dit sleg gaan met 'n mens

wat reg lewe, dan red die Here hom,

en dan laat Hy dit sleg gaan

met die mens wat verkeerd doen.

9'n Mens wat nie die Here dien nie,

praat sleg oor ander mense,

hy wil hulle laat sterf,

maar mense wat reg doen,

weet hoe hulle moet lewe,

en hulle hou aan om te lewe.

10Die mense in 'n stad is bly

wanneer dit goed gaan met die mense wat reg doen,

en hulle juig wanneer die mense sterf wat verkeerd doen.

11Dit gaan goed in 'n stad wanneer die Here

die mense seën wat reg lewe,

maar wanneer mense verkeerd doen,

dan gaan dit sleg in 'n stad.

Verstandige en onverstandige mense

12Dit is 'n onverstandige mens wat sê

dat 'n ander mens nie belangrik is nie,

'n verstandige mens sê niks.

13Iemand wat skinder, sê dinge

wat ander mense nie moet weet nie,

iemand vir wie jy kan glo, praat nie oor die dinge

waaroor 'n mens moet stilbly nie.

14'n Volk sal 'n oorlog verloor wanneer mense

nie goed dink voordat hulle die oorlog begin nie,

maar wanneer daar baie raadgewers is,

dan sal hulle wen.

15Dit sal sleg gaan met 'n persoon

wat borg staan vir iemand,

'n persoon wat nie wil borg staan nie, is veilig.

16'n Goeie vrou lewe só dat mense haar respekteer.

Mense wat altyd wil seermaak en doodmaak,

lewe net om ryk te word.

17'n Persoon wat doen wat hy belowe,

kry sy beloning,

'n wrede mens laat homself swaarkry.

18Die beloning van die mens wat verkeerd doen,

beteken niks.

Iemand wat aanhou om reg te doen,

sal waarlik beloon word.

19'n Mens wat aanhou om reg te doen,

sal aanhou lewe.

'n Mens wat graag verkeerd doen, sal sterf.

20Die Here haat skelm mense,

maar Hy hou van mense wat reg lewe.

21Jy kan dit weet, dit is seker,

'n slegte mens sal sy straf kry,

maar die nageslag van mense wat reg doen,

sal vry wegkom.

22'n Mooi vrou wat nie verstandig kan besluit nie,

is soos 'n goue ring aan 'n vark se neus.

23Mense wat reg lewe, wil hê

dat dit goed moet gaan,

mense wat verkeerd doen, moet weet

dat die Here hulle sal straf.

Wanneer iemand goed wil doen, dan sal mense goed wees vir hom

24Daar is mense wat hulle goed

vir ander mense uitdeel,

maar hulle kry altyd meer goed,

daar is ook mense wat nie graag vir ander mense

iets doen nie, húlle word self arm.

25Wanneer iemand dit goed laat gaan

met ander mense,

dan gaan dit goed met hom.

As hy vir ander mense water gegee het

toe hulle dors was,

dan sal hy ook water kry

wanneer hy dors is.

26Wanneer iemand koring het

maar hy wil dit nie verkoop nie,

dan sal mense hom vervloek,

wanneer iemand van sy koring wil verkoop,

dan sal mense hom seën.

27Wanneer iemand goed wil doen,

dan sal mense goed wees vir hom,

wanneer iemand slegte dinge wil doen,

dan sal slegte dinge met hom gebeur.

28Iemand wat dink dat dit hom sal help

as hy ryk is, sal sterf,

maar dit sal baie goed gaan

met mense wat reg lewe.

29Wanneer iemand slegte dinge

met sy huisgesin laat gebeur,

dan sal hy later alles verloor.

'n Onverstandige mens word die slaaf

van 'n wyse mens.

30Iemand wat reg lewe, laat ander mense waarlik lewe,

'n wyse mens sal lank lewe.

31Mense wat reg doen, kry op die aarde alles

wat hulle moet kry,

mense wat verkeerd doen en wat sondaars is,

sal ook alles kry wat hulle moet kry,

hulle sal straf kry.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help