Psalms 86 - Bybel vir almal

Wys vir my dat U goed wil wees vir my

1'n Gebed. Van Dawid.

Here, U moet luister, U moet my antwoord,

want ek kan myself nie help nie en ek het niks.

2U moet my lewe beskerm, want ek glo in U.

U moet my, u dienaar, red, ek weet U sal.

U is my God.

3My Here, U moet genadig wees vir my,

want ek roep die hele dag,

ek vra dat Ú my moet help.

4U moet my, u dienaar, bly maak,

want dit is tot Ú wat ek bid.

5Want U is goed, my Here, U vergewe

en U doen alles wat U belowe het

vir al die mense wat tot U bid.

6Here, U moet luister na my gebed,

U moet hoor hoe ek soebat.

7Wanneer dit sleg gaan met my,

dan bid ek tot U, want U sal my antwoord.

8Nie een van die gode is soos U nie,

nie een kan doen wat U doen nie.

9Al die volke wat U gemaak het,

sal kom en voor U buig en u Naam eer,

10want U is groot, U doen wonderwerke,

U is God, U alleen.

11Here, leer vir my hoe U wil hê dat ek moet lewe,

sodat ek sal weet net U is God

en sodat ek u Naam sal eer met my hele hart.

12My Here, my God, ek sal vir U dankie sê

met my hele hart, ek sal u Naam altyd eer.

13Want U het vir my alles gedoen wat U belowe het,

U het my gered van die doderyk daar onder.

14O God, hoogmoedige mense wil my aanval,

wrede mense wil hê dat ek moet sterf.

Hulle maak of U nie daar is nie.

15Maar U, my Here, is 'n God

wat goed is vir mense wat swaarkry

en U is genadig.

U is baie geduldig

en U doen altyd wat U belowe het,

U bly dieselfde.

16U moet na my kyk en U moet genadig wees vir my,

U moet my sterk maak en my red.

Ek behoort aan U vandat ek gebore is.

17Wys vir my dat U goed wil wees vir my,

sodat die mense wat my haat, dit kan sien

en kan weet dat hulle nie sal wen nie,

want U, Here, help my en verander dinge vir my.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help