Psalms 14 - Bybel vir almal

God is by die mense wat reg doen(Ook Psalm 53)

1Vir die leier van die koor: Van Dawid.

Dit is dwase mense wat dink daar is nie 'n God nie.

Hulle is slegte mense, hulle is wreed,

nie een van hulle doen goed nie.

2Die Here kyk uit die hemel na die mense

om te sien of daar iemand is wat verstandig is,

iemand wat vra wat God wil hê.

3Hulle het almal besluit om verkeerd te lewe,

hulle het sleg geword, niemand doen goed nie,

nie een nie.

4Besef julle wat sal gebeur

met julle wat slegte dinge doen?

Julle wat my mense op-eet soos mense brood eet,

julle wat nie tot die Here bid nie,

besef julle wat sal gebeur?

5Julle moet besef dat julle groot sal skrik,

want God is by die mense wat reg doen.

6Julle laat die planne misluk

van die mense wat hulleself nie kan beskerm nie,

maar die Here beskerm hulle.

7Ek bid dat daar uit Sion iemand sal kom

wat vir Israel sal red.

Wanneer die Here dit beter laat gaan met sy volk,

dan sal die nageslag van Jakob juig,

dan sal Israel feesvier.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help