Psalms 52 - Bybel vir almal

Ek sal sê God is goed

1Vir die leier van die koor: 'n Lied van Dawid

2 toe die Edomiet Doëg vir Saul gaan sê het dat Dawid na die tempel van Agimelek gekom het.

3Jy wat dink jy is sterk,

hoekom spog jy oor die slegte dinge

wat jy doen?

God doen altyd wat Hy belowe het.

4Jy dink altyd hoe jy ander mense

kan laat swaarkry.

Jy sê dinge wat mense seermaak,

jy probeer almal bedrieg.

5Jy hou meer daarvan om slegte dinge te doen,

jy wil nie goeie dinge doen nie.

Jy hou meer daarvan om te lieg,

jy wil nie die waarheid praat nie.

Sela

6Jy hou daarvan om mense te bedrieg,

jy wil hê hulle moet verkeerd dink.

7Maar God sal iets doen,

Hy sal jou vir altyd breek.

Hy sal jou uitruk uit jou woonplek,

Hy sal jou laat sterf.

Sela

8Die mense wat reg lewe, sal dit sien

en hulle sal bang word.

Dan sal hulle vir hom lag en sê:

9“Dit is die man wat nie wou hê

dat God hom moet beskerm nie,

die man wat gedink het al sy baie goed

sal hom help.”

10Maar ek?

Ek is soos 'n groen olyfboom,

ek is in die tempel.

Ek is seker dat God altyd sal doen

wat Hy belowe het.

11O God, ek sal aanhou

om vir U dankie te sê vir wat U gedoen het.

Ek sal sê U is goed,

ek sal dit doen sodat die mense my kan hoor,

die mense wat in U glo.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help