Psalms 127 - Bybel vir almal

As die Here nie 'n huis bou nie

1'n Lied wanneer mense na die tempel gaan. Van Salomo.

As die Here nie 'n huis bou nie,

dan help dit nie dat die bouers

hard werk om die huis te bou nie.

As die Here nie 'n stad beskerm nie,

dan help dit nie dat die wagte

wakker bly nie.

2Dit help nie dat julle vroeg opstaan

en laat gaan slaap nie,

dit help nie dat julle hard werk om te kan lewe nie,

want die Here sorg vir die mense vir wie Hy lief is,

Hy gee vir hulle alles wat hulle nodig het, ook terwyl hulle slaap.

3Julle moet onthou dit is die Here

wat vir 'n mens seuns gee,

kinders is presente van die Here.

4Seuns wat gebore is

toe hulle pa nog jonk was,

is soos pyle wat iemand vashou,

iemand wat oorlog moet maak.

5Dit gaan goed met 'n man

vir wie die Here baie seuns gegee het,

hy is nie bang dat hy sal verloor

wanneer hy met die vyande in die poort praat nie.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help