Psalms 100 - Bybel vir almal

Julle moet juig vir die Here

1'n Psalm. Om dankie te sê.

Almal op die aarde, julle moet juig vir die Here.

2Julle moet bly wees en julle moet die Here dien,

julle moet voor Hom kom sing.

3Julle moet weet dat die Here God is.

Hy het ons gemaak, en ons is Syne,

ons is sy volk, ons is die skape wat aan Hom behoort.

4Julle moet deur sy poorte inkom

en vir Hom dankie sê,

julle moet voor sy tempel kom staan

en julle moet Hom prys.

Julle moet vir Hom dankie sê,

julle moet sy Naam prys.

5Want die Here is goed,

Hy doen altyd wat Hy belowe het,

Hy bly dieselfde vir elke geslag.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help