Job 10 - Bybel vir almal

Job sê God weet dat Job nie verkeerd gedoen het nie

1Job het gesê:

“Ek het naar geword oor my lewe,

ek sal sê hoekom ek kla,

ek sal praat en sê hoe bitter ek is.

2Ek sal vir God sê:

U moenie sê ek is skuldig nie,

U moet vir my sê hoekom U my

voor U, die Regter, wil bring.

3Dink U dit is reg dat U my verdruk?

U self het my gemaak,

maar U wys dat U dink ek is nie belangrik nie.

Nee, U laat dit goed gaan met die planne

van mense wat verkeerd doen.

4Het U mens-oë, kyk U soos mense kyk?

5Is u lewe so kort soos mense se lewens,

is u jare so min soos 'n mens se jare?

6Hoekom probeer U kyk

wat ek verkeerd gedoen het,

hoekom soek U sonde by my?

7Is dit omdat U weet dat ek

nie verkeerd gedoen het

en dat niemand my van U kan red nie?

8U self het my gemaak,

en nou wil U my doodmaak.

9U moet onthou, U het my gemaak

soos 'n mens iets van klei maak.

Wil U my nou laat teruggaan na die stof?

10U het my gemaak

soos 'n mens melk uitgooi

en dit dikmelk laat word,

11U het vir my vel en vleis gegee

en U het my bene en senings

aan mekaar vasgemaak.

12U het vir my lewe gegee,

U het vir my gedoen wat U moes doen,

U het vir my gesorg,

13maar ek weet nou wat U wou doen,

U het dit altyd weggesteek.

14U kyk wanneer ek sonde doen.

As ek verkeerd doen,

dan sal U nie sê dat ek onskuldig is nie.

15As ek verkeerd gedoen het,

dan sal dit sleg gaan met my,

en as ek onskuldig is,

dan sal U my nie vryspreek nie.

Ek kry baie swaar,

dit gaan net sleg met my.

16Wanneer ek sterk voel,

dan jag U my soos 'n leeu

en dan wys U vir my dat U sterker is.

17U bring elke maal nuwe getuies teen my,

U word meer en meer kwaad vir my,

dit is soos wanneer U 'n leër teen my sal stuur.

18Hoekom het U gesê ek moet gebore word?

Ek wens dat ek gesterf het voordat iemand

my gesien het,

19dan was ek nooit daar nie,

hulle sou my na die graf gedra het

dadelik nadat ek gebore is.

20My lewe is baie kort, God moet my los,

Hy moet my los

sodat dit 'n bietjie beter kan gaan met my

21voordat ek weggaan om nie weer

terug te kom nie,

weggaan na die donker,

die baie donker land,

22die land waar dit altyd donker is,

baie donker,

die land waar alles deurmekaar is,

waar lig soos donker is.”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help