Maleagi 4 - Bybel vir almal

Die dag is nou naby

1Die Here wat oor alles regeer, sê: “Die dag is nou naby, en die dag brand soos 'n vuur. Al die hoogmoedige mense en almal wat verkeerd doen, sal soos kaf wees, en op daardie dag sal hulle verbrand. Daar sal niks van hulle oorbly nie.

2Maar die son sal skyn oor julle wat My eer. Die son se strale sal julle red en julle gesond maak. Julle sal vry word en rondspring soos kalwers wat genoeg kos gekry het.

3Op daardie dag wanneer Ek doen wat Ek wil doen, sal julle op die slegte mense trap. Hulle sal wees soos kaf wat verbrand het.”

Dit sê die Here wat oor alles regeer.

Ek sal die profeet Elia na julle toe stuur

4Die Here sê:

“Julle moet onthou

wat my dienaar Moses

vir julle geleer het.

Ek het vir hom al die wette gegee

op Sinai-berg,

en die wette is vir al die Israeliete.

5Maar Ek sal die profeet Elia

na julle toe stuur

voordat daardie groot dag van die Here

kom,

die dag wanneer almal bang

sal wees.

6Elia sal die pa's en hulle kinders

weer bymekaar bring.

Hulle sal weer lief wees

vir mekaar.

As dit nie gebeur nie,

dan sal Ek kom om die mense

op die aarde te straf.”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help