Psalms 36 - Bybel vir almal

U moet aanhou doen wat U belowe het

1Vir die leier van die koor: Van Dawid, die dienaar van die Here.

2Iemand wat verkeerd doen, is opstandig

teen die Here, ek weet dit.

So 'n mens sê hy is nie bang vir God nie.

3Hy dink hy is baie wonderlik,

hy sien nie dat hy verkeerd doen nie

en hy is nie jammer daaroor nie.

4Wanneer hy praat,

dan praat hy oor hoe hy slegte dinge kan doen

en mense kan bedrieg.

Hy weet nie hoe om verstandig

te wees en goed te doen nie.

5Wanneer hy op sy bed lê, dan dink hy

watter slegte dinge hy kan doen,

hy kies die pad wat nie goed is nie,

hy hou nie op om verkeerde dinge te doen nie.

6Here, U doen wat U belowe het,

U doen dit op die aarde en in die hemel,

U bly dieselfde, hier en ook tussen die wolke.

7U doen reg op die aarde,

ook op die hoogste berge,

U oordeel reg, ook in die groot, diep water.

Here, U red mense en diere.

8Dit is vir ons kosbaar, o God,

dat U doen wat U belowe het.

Mense weet dat U hulle sal beskerm.

9Daar is baie dinge wat mense kan geniet in u tempel,

dit is soos strome water wat U vir hulle gee om te drink.

10Want U gee vir ons die lewe,

U gee die lig wat vir ons laat lewe.

11Here, U moet aanhou doen wat U belowe het

vir die mense wat naby U lewe.

U moet aanhou reg doen aan die mense wat eerlik is.

12U moenie dat hoogmoedige mense op my trap nie,

U moenie dat mense wat verkeerd doen, my wegjaag nie.

13Kyk, die mense wat slegte dinge doen, het geval,

hulle lê daar, hulle kan nie opstaan nie.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help