Psalms 149 - Bybel vir almal

Julle moet vir die Here 'n nuwe lied sing

1Julle moet die Here prys!

Julle moet vir die Here 'n nuwe lied sing,

julle moet Hom prys

waar die mense bymekaar is wat in Hom glo.

2Die mense van Israel moet wys dat hulle bly is

omdat die Here hulle gemaak het.

Die mense van Sion moet juig

omdat die Here hulle Koning is.

3Hulle moet dans en sy Naam prys,

hulle moet vir Hom musiek maak

met die tamboeryn en die lier.

4Want die Here is lief vir sy volk,

Hy laat die mense wen

wat hulleself nie kan help nie,

Hy sit 'n kransie op hulle kop.

5Die mense wat in die Here glo,

moet juig omdat hulle gewen het,

hulle moet sing,

ook wanneer hulle op hulle beddens lê.

6Hulle moet aanhou om God te prys,

maar hulle moet skerp swaarde in hulle hande hê

7sodat hulle die volke kan straf,

sodat hulle met die volke kan doen

wat die volke met húlle gedoen het.

8Hulle moet die konings vasmaak met kettings,

hulle moet die belangrike mense van die volke

vasmaak met yster-boeie.

9Hulle moet met die konings doen

wat die Regter besluit het en geskryf het.

Die volke sal die mense respekteer

wat in die Here glo.

Julle moet die Here prys!

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help