Psalms 121 - Bybel vir almal

Die Here sal jou beskerm

1'n Lied wanneer mense na die tempel gaan.

Ek kyk op na die berge en ek vra:

“Van waar sal iemand kom om my te help?”

2Dit is die Hére wat my sal help,

die Here wat die hemel en die aarde gemaak het.

3Hy sal keer dat jy nie val nie,

Hy beskerm jou, Hy slaap nie.

4Die Here slaap nooit, dit is seker,

Hy beskerm die volk Israel.

5Die Here beskerm jou,

Hy is altyd langs jou om jou te beskerm.

6Die son sal jou nie siek laat word

in die dag nie,

en die maan ook nie in die nag nie.

7Die Here sal jou beskerm

teen alles wat sleg is,

jou lewe sal veilig wees.

8Die Here sal jou beskerm,

oral waar jy gaan, nou en vir altyd.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help