Jesaja 46 - Bybel vir almal

Dink julle daar is iemand wat soos God is?

1“Bel en Nebo, die gode

van die mense van Babel,

het geval, hulle is dood.

Ander mense sit die gode op diere,

en die diere dra swaar.

2Altwee gode het geval,

hulle kan self niks dra nie,

en die mense vat hulle weg

na 'n ander land.

3“ Nageslag van Jakob,

Israeliete wat nog lewe, luister na wat Ek sê.

Ek het julle gedra vandat julle gebore is.

4Ook wanneer julle oud en grys is,

dan sal Ek julle nog dra.

Ek het julle gemaak

en Ek sal julle dra,

ja, Ek sal julle dra en Ek sal julle red.

5“Wat dink julle, wie is soos Ek

en wie kan doen wat Ek doen?

Wat dink julle, wie is soos Ek?

6Daar is mense wat geld uit hulle sak haal

en silwer weeg op 'n weegskaal.

Hulle betaal 'n ambagsman

om vir hulle 'n god te maak.

Dan buig die mense voor die god

en hulle aanbid hom.

7Hulle tel die god op en hulle dra hom

en sit hom neer.

Die god staan daar en hy kan nie beweeg nie.

Wanneer iemand vir hom vra om te help,

dan antwoord die god hom nie en red hom nie.

8“Israeliete, julle wat opstandig is teen die Here,

julle moet daaraan dink

en julle moet dit goed onthou.

9Julle moet dink aan die dinge

wat lank gelede gebeur het.

Ja, Ek is God, daar is nie 'n ander God nie.

Ek is God, niks is soos Ek nie.

10Dit is Ek wat lank gelede gesê het

wat sal gebeur.

Ek het dit gesê

lank voordat dit gebeur het.

Dit is Ek wat sê Ek het besluit

en dit sal gebeur,

Ek sal doen wat Ek wil doen.

11Dit is Ek wat uit die ooste 'n man geroep het

wat van ver kom soos 'n aasvoël.

Ja, as Ek gesê het iets sal gebeur,

dan gebeur dit.

Ek doen wat Ek besluit het.

12“Israeliete, julle is hardkoppig,

julle doen nie wat reg is nie,

maar julle moet luister na My.

13Ek sal doen wat reg is,

Ek sal dit goed laat gaan met julle,

en dit sal gou gebeur.

Ek sal dit goed laat gaan met Sion,

Ek sal weer trots wees op die Israeliete.”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help