Amos 3 - Bybel vir almal

1Mense van Israel, die Here het julle almal uit Egipte gebring. Luister wat sê Hy vir julle:

2“Daar is baie volke op die aarde,

maar dit is vir julle

wat Ek gekies het.

Daarom sal Ek julle straf

oor alles wat julle

verkeerd doen.”

Wanneer die Here gepraat het, dan moet sy profeet ook praat

3Twee mense besluit eers

dat hulle saam wil loop,

en dan doen hulle dit.

4'n Leeu in die bos vang eers iets,

en dan brul hy.

5Iemand sit eers 'n vangstrik

op die grond,

en dan vang hy 'n voël daarin.

'n Vangstrik vang eers iets,

en dan klap dit toe.

6Wanneer iemand

die ramshoring

in die stad blaas

om te sê die vyand kom,

dan skrik die mense.

Wanneer die Here sê

dit moet sleg gaan in 'n stad,

dan gebeur dit.

7Ja, die Here sê eers

vir sy dienaars, die profete,

wat Hy wil doen,

en dan doen Hy dit.

8Wanneer die leeu gebrul het,

dan is die mense bang.

Wanneer die Here gepraat het,

dan moet sy profeet praat.

Die Here sal die mense van Israel in Samaria straf

9Die Here sê:

“Julle moet gaan praat

met die mense

in die mooi huise

van die stad Asdod

en die land Egipte.

Julle moet vir hulle sê:

‘Kom bymekaar op die berge

rondom die stad Samaria.

Kom kyk hoe swaar kry die mense

in die stad.’ ”

10Die Here sê:

“Die mense se mooi huise

is vol goed wat hulle

van ander mense

gesteel het.

Hulle weet nie hoe

om reg te doen nie.

11Daarom, daar is vyande

rondom die land!

Hulle sal julle sterk mure afbreek

en hulle sal alles

in julle mooi huise

vir hulleself vat.”

12Die Here sê:

“Wanneer 'n leeu 'n skaap vang,

dan kan die skaapwagter miskien

net twee pootjies

of 'n stukkie van die skaap se oor

gryp uit die leeu se bek.

So sal daar ook baie min oorbly

van die mense van Israel

wat nou so rustig in Samaria

op hulle beddens

en rusbanke lê.”

13Die Here wat oor alles regeer, sê:

“Julle moet luister

en julle moet die mense

van Israel waarsku.

14Wanneer Ek die mense

van Israel straf

oor hulle sondes,

dan sal Ek die altare

in die stad Bet-El afbreek.

Ek sal die altaar se horings afkap

en op die grond gooi.

15Ek sal die huise plat slaan,

die huise waarin hulle

in die somer woon,

en die huise waarin hulle

in die winter woon.

Daar sal niks oorbly van die huise

wat hulle met ivoor

mooi gemaak het nie.

Daar sal niks oorbly

van die baie huise nie,”

sê die Here.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help