Psalms 140 - Bybel vir almal

Die Here sal reg doen aan mense wat niks het nie

1Vir die leier van die koor: Van Dawid. 'n Psalm.

2Here, U moet my red van slegte mense,

U moet my beskerm teen wrede mense.

3Hulle maak planne om slegte dinge te doen,

hulle wil hê dat mense oorlog moet maak.

Sela

4Hulle tonge is so skerp soos slange se tonge,

en hulle is so giftig soos slange.

5Here, U moet my beskerm

teen mense wat verkeerd doen,

teen wrede mense wat planne maak

om my dood te maak.

6Hoogmoedige mense wil my vang,

hulle het 'n vangnet van toue gemaak

en hulle het dit styfgetrek oor my pad,

hulle wou vir my in vangstrikke vang.

7Ek sê vir die Here: U is my God.

Here, U moet luister hoe ek soebat.

8Here, my Here, U is sterk en U sal my red.

U het my beskerm toe daar oorlog was.

9U moenie vir die mense wat verkeerd doen,

gee wat hulle wil hê nie,

U moet keer, hulle planne moenie slaag nie,

Sela

sodat hulle nie kan dink hulle is belangrik nie.

10Die mense wat my van al die kante aanval,

is hoogmoedig.

Hulle sê baie dinge teen my,

U moet al daardie dinge met hulleself laat gebeur.

11U moet warm kole vuur op hulle laat val,

U moet húlle in diep gate laat val,

hulle moenie daaruit kan kom nie.

12Mense wat sleg praat van ander mense

moenie in die land bly nie,

U moet die wrede mense wegjaag.

Dit moet altyd sleg gaan met hulle.

13Ek weet dat die Here die mens sal help

wat homself nie kan help nie

wanneer mense hom beskuldig.

Die Here sal reg doen aan mense

wat niks het nie.

14Dit is seker: Die mense wat reg doen,

sal vir U dankie sê.

Eerlike mense sal by U woon.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help