Psalms 138 - Bybel vir almal

Die Here doen alles vir my

1Van Dawid.

Here, ek wil vir U dankie sê

met my hele hart,

ek wil vir U sing

sodat al die gode dit kan hoor.

2Ek wil buig na u gewyde tempel

en ek wil u Naam prys

omdat U doen wat U belowe het

en omdat U dieselfde bly.

3Die dag toe ek geroep het

en gevra het dat U my moet help,

toe het U my geantwoord,

U het my sterk gemaak.

4Al die konings van die aarde

sal vir U dankie sê,

want hulle het gehoor wat U gesê het.

5Hulle sal sing oor die dinge

wat die Here gedoen het,

want die Here is 'n groot Koning.

6Die Here is hoog in die hemel

maar Hy sien wie die nederige mense is

en Hy weet ook baie goed

wie die hoogmoedige mense is.

7Wanneer dit sleg gaan met my,

dan laat U my aanhou lewe.

U steek u hand uit en U keer my vyande

wat kwaad is vir my,

U red my met u eie hand.

8Die Here doen alles vir my.

Here, U doen altyd wat U belowe het.

U het die mense met u eie hande gemaak,

U moenie vir hulle alleen los nie.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help