Jesaja 32 - Bybel vir almal

'n Koning sal reg regeer

1'n Koning sal reg regeer

en regverdig wees,

hy en sy amptenare.

2Elkeen van hulle sal wees

soos 'n afdak teen die wind

en harde reën.

Hulle sal wees soos strome water

in 'n droë land,

soos die skaduwee van 'n groot rots

in 'n land waar dit baie warm is.

3Dan sal die oë van almal

wat kan sien,

nie meer toe wees nie,

en almal wat kan hoor,

sal dan luister.

4Die mense wat ongeduldig was

en wat nie goed wou luister nie,

sal dan luister en verstaan,

en die mense wat gehakkel het,

sal goed kan praat.

5Niemand sal dan sê

'n dwaas is 'n goeie mens

of 'n skurk is 'n belangrike mens nie.

6Want dwase mense praat nonsens

en hulle dink net aan sonde.

Hulle doen slegte dinge

en hulle praat leuens oor die Here.

Hulle gee nie kos vir honger mense nie,

hulle gee nie water vir mense

wat dors is nie.

7Skurke is altyd besig

om slegte dinge te doen.

Hulle maak skelm planne en hulle lieg

om probleme te gee vir mense

wat hulleself nie kan help nie,

vir arm mense

wat niks verkeerd gedoen het nie.

8Maar 'n goeie mens dink

watter goeie dinge hy kan doen

en hy beskerm die goeie mense.

Julle moet bang wees en bewe

9Vroue, julle wat nou lekker lewe

en oor niks bekommerd is nie,

julle moet luister na wat ek sê:

10Julle lewe nou lekker,

maar oor 'n jaar sal julle bewe,

want daar sal nie druiwe wees

om te pluk nie.

11Julle lewe nou lekker,

julle is oor niks bekommerd nie,

maar julle moet bang wees en bewe,

julle moet julle klere uittrek

en julle moet rouklere aantrek.

12Julle moet met julle vuiste

op julle bors slaan en huil

oor die mooi lande

en die vrugbare wingerde.

13Julle moet huil

oor die land van my volk,

oor die huise waar almal

vrolik was,

oor die stad waar almal

feesgevier het,

want dit is vol dorings en bossies.

14Ja, daar is niemand

in die koning se huis nie,

die stad is nie meer vol mense nie.

Daar is nou net grotte

waar die Ofel voorheen was

en die toring waar die wagte

gestaan het.

Dit sal altyd so wees.

Nou loop daar wildedonkies rond

en daar wei skape en bokke.

Dit sal goed gaan met julle

15Dit sal so wees

totdat die Gees van Bo

op ons kom.

Dan sal die woestyn

vol vrugtebome wees,

en die vrugtebome

sal so naby mekaar wees

soos die bome in 'n bos.

16In die woestyn

en tussen die vrugtebome

sal die mense reg doen

en hulle sal regverdig wees.

17Hulle sal altyd rus en vrede hê

omdat hulle reg sal doen

aan mekaar.

18Die Here sê sy volk sal woon

in plekke waar daar vrede is.

Hulle sal veilig wees

en hulle sal oor niks

bekommerd wees nie.

19Hael sal die bosse stukkend slaan

en die mure van die stede

sal omval.

20Maar met júlle sal dit goed gaan.

Dit sal baie reën.

Julle sal koring saai

en julle beeste en donkies

sal oral wei.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help