Psalms 11 - Bybel vir almal

Ek weet die Here sal my beskerm

1Vir die leier van die koor: Van Dawid.

Ek weet, die Here sal my beskerm.

Hoekom sê julle ek moet na die berge vlug

soos 'n voël?

2Julle sê: “Jy moet vlug, want kyk,

die mense wat verkeerd doen,

trek hulle boog se snare styf,

hulle sit hulle pyle op die snare van die boog,

hulle staan in die donker

en hulle wil die eerlike mense skiet.”

3Julle vra:

“Wat kan 'n mens doen wat reg wil lewe?

Daar is niks meer wat vas staan nie.”

4Maar ek sê: Die Here is in sy gewyde tempel,

Hy is in die hemel waar sy troon staan,

en Hy sien die mense, Hy kyk wat hulle doen.

5Hy kyk wat die mense doen,

die mense wat reg lewe

én die mense wat verkeerd doen,

en Hy haat mense wat wreed is teen ander mense.

6Hy laat vuur en swael uit die lug val soos reën,

dit val op die mense wat verkeerd doen,

die warm woestynwind sal hulle brand,

hulle sal die beker van swaarkry moet drink.

7Die Here sal doen wat reg is,

Hy wil hê mense moet reg doen.

Eerlike mense mag naby Hom wees.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help