Psalms 88 - Bybel vir almal

U is kwaad vir my en dit maak my moedeloos

1'n Lied. 'n Psalm. Van die Korag-groep. Vir die leier van die koor: Die fluite moet speel en julle moet sing. 'n Lied van die Esragiet Heman.

2Here, God wat my moet red,

ek roep elke dag en elke nag

en ek vra dat U my moet help.

3U moet luister na my gebed,

U moet hoor hoe ek soebat,

4want ek kry baie swaar en ek word moedeloos,

ek is naby die dood.

5Mense dink dat ek sal sterf,

ek het geword soos 'n mens wat nie krag het nie.

6Dit voel of U my gelos het

by die mense wat klaar gesterf het,

dit voel of ek by die mense is

wat in oorlog gesterf het

en wat nou in 'n graf lê,

mense aan wie U nie meer dink nie

en vir wie U niks doen nie.

7Dit voel of U my onder in die doderyk gesit het,

in die donker en diep plek.

8U is kwaad vir my en ek is moedeloos,

dit is soos groot branders wat oor my spoel.

Sela

9U laat die mense wat my ken, ver van my staan,

hulle wil nie naby my kom nie.

Ek sit vas en ek kan nie uitkom nie.

10My oë het dof geword, want ek kry baie swaar.

Ek het tot U gebid, Here,

ek het die hele dag my hande uitgesteek na U.

11U doen nie wonderwerke vir mense wat dood is nie,

hulle staan nie op en hulle prys U nie.

Sela

12In die graf, die onderwêreld,

sê mense nie dat U doen wat U belowe nie,

hulle sê nie dat hulle seker is U sal help nie.

13Daar in die donker,

die plek waaraan niemand wil dink nie,

weet hulle nie dat U wonderwerke kan doen

en dat U reg doen aan mense nie.

14En ek?

Ek roep en vra dat U my moet help,

ek bid elke oggend tot U.

15Here, hoekom stoot U my weg,

hoekom wil U nie na my kyk nie?

16Ek kan myself nie help nie,

ek was naby die dood vandat ek jonk was.

U het my baie swaar laat kry,

en ek weet nie wat om te doen nie.

17U is kwaad vir my, en dit maak my moedeloos.

U het my swaar gestraf,

ek kan nie daaroor praat nie.

18Dit voel die hele dag soos 'n watervloed

wat om my is,

water wat van al die kante oor my stroom.

19U laat my vriende, die mense vir wie ek lief is,

ver van my staan.

Dit is alles donker rondom my.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help