Psalms 23 - Bybel vir almal

Die Here sorg vir my

1'n Psalm van Dawid.

Die Here is my Herder, Hy sorg vir my,

ek het genoeg van alles.

2'n Herder bring sy skape na goeie weiveld,

hulle eet genoeg en hulle gaan lê.

Hy bring hulle na die water,

en daar gaan hulle lê en rus.

3So gee die Here ook vir my nuwe krag,

Hy leer vir my om reg te lewe,

want ek behoort aan Hom.

4Ook wanneer ek

deur 'n diep en donker vallei moet loop,

dan sal ek nie bang wees nie,

want U, Here, is by my.

U beskerm my

soos 'n herder sy skape beskerm

met sy stok en met sy kierie.

5U nooi my om by u tafel te sit,

maar my vyande moet staan en kyk.

U laat my baie belangrik voel,

U laat my alles geniet.

6U is goed vir my,

en U doen wat U belowe het,

U doen dit oral waar ek gaan,

so lank soos ek lewe.

Here, ek sal altyd weer terugkom na u tempel,

ek sal dit my hele lewe lank doen.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help