Psalms 47 - Bybel vir almal

God is Koning van die volke

1Vir die leier van die koor: Van die Korag-groep. 'n Psalm.

2Al die volke, julle moet hande klap,

julle moet hard skree en sing vir God,

3want almal moet die Here eer,

die Here, die Hoogste God.

Hy is die Groot Koning van die hele aarde.

4Hy het ons laat wen teen ander volke, hulle moet ons dien.

5Hy kies vir ons die land wat altyd ons land mag wees,

die pragtige land van Jakob vir wie Hy lief is.

Sela

6Toe God na sy tempel gaan,

het die mense geskree,

hulle het vir die Here die ramshoring geblaas.

7Julle moet sing vir God, julle moet sing,

julle moet sing vir ons Koning, julle moet sing,

8want God is die Koning van die hele aarde,

julle moet vir Hom 'n lied sing.

9God is Koning van die volke,

God het gaan sit op sy gewyde troon.

10Die leiers van die ander volke sal bymekaarkom

saam met die volk van die God van Abraham,

want God regeer oor die mense wat oor die aarde regeer,

Hy is hoog bo almal.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help