Psalms 15 - Bybel vir almal

Wie mag woon op u gewyde berg?

1'n Psalm van Dawid.

Here, wie mag bly in u tempel,

wie mag woon op u gewyde berg?

2Net die mens wat heeltemal reg lewe

en reg doen en wat die waarheid praat,

mag daar kom,

3die mens wat nie sleg praat van ander mense nie,

die mens wat nie slegte dinge doen

aan ander mense nie

en wat hulle nie beledig nie,

4die mens wat niks wil doen saam

met mense vir wie die Here gelos het nie,

maar wat die mense respekteer wat die Here dien,

die mens wat doen wat hy belowe het,

ook wanneer dit nie goed is vir homself nie,

5die mens wat vir ander mense geld leen

maar wat hulle nie rente laat betaal nie,

die mens wat nie geld neem om te sê

onskuldige mense is skuldig nie.

Die mens wat hierdie dinge doen,

sal altyd vas staan.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help