Psalms 96 - Bybel vir almal

Die Here kom om oor die aarde te regeer(Ook 1 Kron 16:23-33)

1Julle moet vir die Here 'n nuwe lied sing,

al die mense op die aarde,

julle moet vir die Here sing.

2Julle moet vir die Here sing,

julle moet sy Naam prys,

julle moet elke dag die goeie nuus bring

dat die Here mense red.

3Julle moet vir die volke vertel, vir al die volke,

julle moet vertel dat die Here Koning is

en dat Hy wonderwerke doen.

4Want die Here is groot,

mense moet Hom baie prys,

hulle moet bang wees vir Hóm,

nie vir al die afgode nie.

5Want al die gode van die volke beteken niks,

maar dit is die Hére wat die hemel gemaak het.

6Almal wat Hom dien, weet dat Hy Koning is,

almal in sy tempel weet

dat Hy die sterk Koning is.

7Julle almal, al die volke,

julle moet Hom prys, want Hy is Koning,

Hy is sterk.

8Julle moet die Naam van die Here prys,

julle moet vir Hom presente bring

en na die oop stukke grond by sy tempel kom.

9Julle moet voor die Here buig, Hy is heilig.

Al die mense op die aarde,

julle moet vir Hom bang wees en bewe.

10Julle moet vir die volke sê:

“Die Here is Koning.

Hy laat die aarde vas staan,

dit skud nie.”

Hy sal reg doen aan almal

wanneer Hy die volke oordeel.

11Die hemel moet bly wees,

die aarde moet juig,

die see en alles in die see moet raas en dreun.

12Die veld en alles in die veld moet juig en skree.

Dan sal al die bome in die bos sing

13vir die Here, want Hy kom.

Ja, Hy kom om oor die aarde te regeer.

Hy sal reg doen wanneer Hy oor die wêreld regeer,

Hy sal altyd regverdig wees wanneer Hy oor die volke regeer.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help