Psalms 64 - Bybel vir almal

U moet my beskerm

1Vir die leier van die koor: 'n Psalm van Dawid.

2O God, U moet luister, ek vra dat U my moet help.

Ek is bang vir my vyande, U moet my lewe red.

3Slegte mense maak planne teen my,

U moet my beskerm teen hulle,

teen die mense wat my haat

en slegte dinge doen.

4Die dinge wat hulle sê, is soos skerp swaarde.

Hulle woorde is so giftig soos gifpyle.

5Hulle sit op plekke waar niemand hulle sien nie

en hulle skiet 'n eerlike mens

wat nie dink dat hulle dit sal doen nie.

Hulle skiet hom en hulle is nie bang nie.

6Hulle hou aan om slegte dinge te doen,

hulle sê vir mekaar hoe hulle

'n vangstrik kan neersit.

Hulle dink niemand sien hulle nie

7en niemand kan uitvind watter slegte dinge

hulle wil doen nie.

Hulle sê: “Ons het planne gemaak,

niemand weet daarvan nie.

Niemand weet wat 'n mens dink nie.”

8Maar God sal hulle skiet met sy pyl

wanneer hulle nie dink dat Hy dit sal doen nie.

Hy sal raakskiet.

9Die dinge wat hulle gesê het,

sal met hulleself gebeur,

en elkeen wat vir hulle kyk,

sal skrik en weghardloop.

10Al die mense sal bang word

en hulle sal vertel wat God gedoen het,

hulle sal sy werk verstaan.

11Die mense wat reg doen, sal bly wees

omdat hulle aan God behoort,

en hulle sal vir Hom vra om hulle te beskerm.

Die mense wat eerlik is, sal Hom prys.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help