Psalms 34 - Bybel vir almal

Die Here sorg vir die mense wat reg lewe

1Van Dawid. Toe hy by Abimelek was, het hy gemaak of hy mal is, en Abimelek het hom weggejaag.

2Ek sal die Here altyd prys,

ek sal aanhou sing vir Hom.

3Ek sal vir almal sê wat die Here gedoen het.

Die mense wat hulleself nie kan help nie,

moet dit hoor en hulle moet bly wees.

4Julle moet saam met my sing en sê

die Here is groot,

julle moet almal saam sy Naam prys.

5Ek het vir die Here gevra wat met my sal gebeur,

en Hy het my geantwoord.

Ek was bang vir baie dinge,

maar Hy het my van alles gered.

6Die mense wat hulleself nie kan help nie,

wag dat Hy hulle moet help, hulle weet Hy sal help,

en hulle is bly.

7Ek kan myself nie beskerm nie, ek het gebid,

en die Here het gehoor.

Hy het my gered van alles

wat dit sleg laat gaan het met my.

8Die Engel van die Here beskerm die mense

wat die Here dien en Hy red hulle.

9Julle moet self voel en sien dat die Here goed is.

Dit gaan goed met die mens wat vra dat die Here

hom moet beskerm.

10Julle wat aan die Here behoort,

julle moet die Here dien,

want die mense wat Hom dien,

het altyd genoeg van alles.

11Leeus kry nie altyd genoeg kos nie

en hulle word honger,

maar die mense wat vir die Here vra

wat hulle moet doen,

het genoeg van al die goeie dinge.

12Kom kinders, julle moet luister na my,

ek wil vir julle leer hoe julle die Here moet dien.

13Die persoon wat lief is vir die lewe

en wat graag goeie dinge wil hê,

14moenie sleg praat van mense nie

en hy moenie lieg nie.

15Hy moenie verkeerde dinge doen nie,

hy moet goeie dinge doen,

hy moet altyd probeer om vrede te maak.

16Die Here kyk na die mense wat reg lewe

en Hy sorg vir hulle.

Hy luister wanneer hulle roep

en vra dat Hy hulle moet help.

17Die Here hou nie van mense

wat verkeerde dinge doen nie,

Hy sal hulle laat verdwyn,

en niemand in die land sal nog aan hulle dink nie.

18Wanneer die mense wat reg lewe, roep

en vra dat die Here hulle moet help,

dan luister die Here,

en Hy red hulle van alles

wat dit sleg laat gaan met hulle.

19Die Here is naby die mense

wat dink dit sal nooit beter gaan met hulle nie,

Hy red die mense wat heeltemal moedeloos geword het.

20Daar is baie dinge wat 'n mens wat reg lewe,

laat swaarkry,

maar die Here red Hom van al hierdie dinge.

21Die Here sorg vir die mens wat reg lewe se hele liggaam,

niemand sal die bene in so 'n mens se liggaam breek nie.

22Die mens wat verkeerd lewe, sal sterwe

omdat hy verkeerd doen,

die mense wat die mense haat wat reg lewe,

sal skuldig wees,

en die Here sal hulle straf.

23Die Here red die lewe van die mense

wat Hom dien.

Mense wat vra dat Hy hulle moet beskerm,

sal nie skuldig wees nie.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help