Jeremia 45 - Bybel vir almal

'n Boodskap vir Baruk

1Die profeet Jeremia het 'n boodskap gebring vir Baruk seun van Nerija. Dit was in die tyd toe Baruk al hierdie dinge geskryf het op die boekrol, alles wat die profeet vir hom gesê het. Dit was in die vierde jaar nadat Jojakim seun van Josia koning van Juda geword het.

2Jeremia het gesê: “Baruk, die Here, die God van Israel, sê vir jou:

3Jy sê dit gaan sleg met jou, want die Here laat jou nog meer swaarkry. Jy hou aan kla en jy is moeg daarvan, jy kan nie rus nie.

4Maar my boodskap vir jou is: Ek breek af wat Ek gebou het, en Ek ruk uit wat Ek geplant het. Ek doen dit in die hele land.

5Jy maak groot planne vir jouself, maar jy moenie, want Ek sal dit sleg laat gaan met almal. Maar Ek sal jou beskerm oral waar jy gaan, Ek sal jou laat aanhou lewe. Jy sal niks anders hê nie, maar jy sal lewe.”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help