Joël 1 - Bybel vir almal

1Die Here het met Joël gepraat. Joël was die seun van Petuel.

Daar het sprinkane gekom

2Julle wat leiers is, moet luister,

julle almal wat in die land woon,

moet hoor wat die Here sê.

Die dinge wat nou gebeur,

het nog nooit voorheen gebeur nie.

3Julle moet dit

vir julle kinders vertel,

en julle kinders moet dit

vir hulle kinders vertel,

en hulle kinders moet dit

ook vir hulle kinders vertel.

4Daar het baie sprinkane gekom,

hulle het vier maal gekom,

en elke maal het hulle

al die plante opgevreet.

5Die mense wat altyd dronk is,

moet nou wakker word en huil.

Almal wat lief is vir wyn, moet huil,

want daar is niks wyn

om te drink nie.

6Die sprinkane was soos soldate

wat sterk en baie is.

Hulle het die land aangeval,

hulle het tande en kakebene

soos leeus.

7Hulle het die vyebome

kaal gevreet

en hulle het ook die wingerde verwoes.

Hulle het die bome se bas

afgevreet en uitgespoeg,

die takke is kaal.

Julle moet treur

8Julle moet treur.

Julle moet huil

soos 'n jong meisie wat treur

omdat haar verloofde dood is.

9Daar is nie koring-offers

en drank-offers

by die tempel

van die Here nie.

Daarom treur die priesters

wat vir die Here werk.

10Daar groei niks

op die koringland nie,

die grond is droog.

Daar is niks koring nie,

die druiwe is droog en dood,

en ook die olywe.

11Die boere weet nie

wat om te doen nie,

hulle huil oor die koring

en die gars,

want in die grond groei niks

wat hulle kan afsny nie.

12Die wingerde en die vyebome

is droog en dood,

en ook die granaatbome,

die palmbome

en die appelbome.

Al die bome is droog en dood.

Daar is niks waaroor die mense

bly kan wees nie.

13Die priesters

wat by die altaar werk,

moet rouklere aantrek,

hulle moet huil en treur.

Hierdie mense

wat vir my God werk,

moet rouklere aantrek

ook wanneer hulle gaan slaap,

want daar is nie koring-offers

en drank-offers in die tempel

van hulle God nie.

14Hulle moet 'n dag

aan die Here wy

en almal moet

op daardie dag vas.

Hulle moet die leiers

en almal wat in die land woon,

bymekaarmaak in die tempel

van hulle God die Here,

en dan moet hulle

vir die Here vra om hulle te help.

15Die dag van die Here is naby.

Dit is 'n dag wanneer almal

bang sal wees!

Die Almagtige God

wil alles verwoes.

16Ons sien daar is niks

om te eet nie.

Niemand is bly in die tempel

van ons God nie,

niemand juig nie.

17Die koringsaad lê nog

onder die droë grond,

die stoorkamers is leeg,

die plekke waar ons koring bêre,

val inmekaar,

want daar is nie koring nie.

18Die beeste bulk en raas,

hulle loop oral rond,

want daar is niks om te vreet nie.

Die skape en bokke kry ook swaar.

19Here, ek bid tot U, help ons.

'n Vuur het al die bome

en die veld afgebrand

waar die diere wei.

20Ook die wilde diere

wag dat U help,

want daar is nie water

in die riviere nie,

en die veld waar hulle wei,

het afgebrand.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help