Jesaja 4 - Bybel vir almal

1Daardie dag sal sewe vroue een man gryp

en vir hom sê:

“Trou asseblief met ons.

Ons sal ons eie kos eet en ons eie klere maak.

Ons wil 'n man hê,

sodat die mense ons nie meer spot nie.”

2Daardie dag sal al die plante mooi en vol saad wees,

die plante wat die Here laat groei.

Die Israeliete wat nog lewe,

sal bly wees oor al die mooi vrugte

wat hulle kan eet.

3Die mense sal sê almal in Jerusalem wat nog lewe,

is gewyde mense.

Die Here het die gewyde mense se name

in sy boek geskryf.

4Die Here sal die vroue in Jerusalem skoon was,

hulle sal nie meer vuil wees nie.

Hy sal die Regter wees

en Hy sal die moordenaars uit Jerusalem uithaal

soos wanneer iemand silwer smelt en die grond uithaal.

5Dan sal die Here in die dag 'n wolk bring

en Hy sal in die nag rook bring

en ook die lig van 'n vuur

oor elke plek in Jerusalem,

elke plek waar mense woon en bymekaarkom.

Daar sal 'n afdak wees wanneer die Here kom

na die mense toe in Jerusalem.

6Die afdak sal hulle beskerm sodat hulle nie brand nie,

en dit sal hulle ook beskerm teen storms en reën.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help