Psalms 70 - Bybel vir almal

U moet gou maak en my help(Ook Ps 40:14-18)

1Vir die leier van die koor: Van Dawid. Om mense te help om te onthou.

2O God, U moet gou maak en my red.

Here, U moet gou maak en my help.

3Daar is mense wat wil hê dat ek moet sterf,

maar U moenie vir hulle laat wen nie,

hulle moet verloor.

4Daar is mense wat my spot,

U moet hulle laat vlug,

hulle moet weet dat hulle planne nie sal slaag nie.

5Maar die mense wat naby U wil wees,

hulle moet vrolik en bly wees oor U.

Die mense wat bly is dat U hulle gered het,

hulle moet aanhou sê: “God is groot!”

6En ek?

Ek kan myself nie help nie,

ek het niks.

O God, U moet gou na my toe kom.

Net U kan my help en my vrymaak.

Here, U moenie wag nie.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help