Psalms 99 - Bybel vir almal

Ons God die Here is heilig

1Die Here is Koning, die volke moet bewe,

Hy sit op sy troon bokant die gerubs,

die aarde moet skud.

2Die Here is in Sion, Hy is groot

en Hy regeer oor al die volke.

3Here, hulle moet u groot Naam prys.

Almal moet u Naam respekteer,

u Naam is heilig.

4U is die sterk Koning,

U wil hê dat mense reg moet oordeel.

U het gesê hulle moet in die land Israel

reg doen aan almal.

Hulle moet reg oordeel

en hulle moet reg doen aan ander mense.

5Julle moet ons God die Here prys,

julle moet voor Hom buig, Hy is heilig.

6Moses en Aäron was twee van sy priesters,

en Samuel was een van die mense

wat tot Hom gebid het.

Hulle het tot die Here gebid,

en Hy het hulle geantwoord.

7Hy het met hulle gepraat uit 'n wolk,

hulle was gehoorsaam aan die wette

wat Hy vir hulle gegee het.

8Ons God die Here, U het hulle geantwoord,

U was 'n God wat mense se sondes vergewe het,

maar U het hulle ook gestraf

oor die dinge wat hulle gedoen het.

9Julle moet ons God die Here prys,

julle moet buig by sy gewyde berg,

want ons God die Here is heilig.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help