1Koning Ahasveros het die vasteland sowel as die eilande dwangarbeid laat doen.
2Al die groot en magtige dinge wat hy gedoen het en die volle verhaal oor die hoë pos waarin hy vir Mordegai bevorder het, is opgeteken in die annale van die konings van Medië en Persië.
3Die Jood Mordegai was tweede in bevel onder koning Ahasveros. Hy was hoog in aansien by die Jode en gewild by al sy volksgenote. Hy het hom vir die welvaart van sy mense beywer en die veiligheid van al hulle nakomelinge verseker.
Who We AreWhat We EelieveWhat We Do
2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.