JOSUA 16 - Afrikaans 1983

Die gebied van die nakomelinge van Josef

1Aan die nakomelinge van Josef is deur loting 'n gebied toegeken wat strek van die Jordaan af regoor Jerigo, oos van die Jerigofonteine. Die grens loop van Jerigo af oor die woestyn op na Bet-El se berge toe.

2Van Bet-El af loop dit na Lus toe, en verby die grens van die Erekiete na Atarot toe,

3dan weswaarts af na die grens van die Jafletiete toe tot by die grens van Bet-Goron-Onder en Geser, en dit loop dan dood aan die see.

4Die stamme Manasse en Efraim, nakomelinge van Josef, het die grondgebied gekry.

Die stamgebied van Efraim

5Die grens van die grondgebied van die families in die stam Efraim loop van Atrot-Addar in die ooste na Bet-Goron-Bo toe,

6en dan verder tot aan die see. Van Mikmetat af in die noorde swaai die grens oos verby Taänat-Silo na Janoag toe in die ooste,

7van Janoag af loop die grens af na Atarot en Naära toe, dan teen Jerigo verby en aan tot by die Jordaan.

8Van Tappuag af loop die grens wes met Kanaspruit langs en dit loop dood aan die see. Dit is die gebied van die families in die stam Efraim.

9Daarby het gekom al die stede en buiteposte wat aan die Efraimiete toegeken is binne-in die grondgebied van Manasse.

10Die Efraimiete het nie die Kanaäniete verdryf wat in Geser gewoon het nie en die Kanaäniete woon nou nog tussen die Efraimiete, maar hulle doen dwangarbeid.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help