JEREMIA 47 - Afrikaans 1933/1953

Profesie teen die Filistyne.

1DIE woord van die Here wat aangaande die Filistyne tot die profeet Jeremia gekom het voordat Farao Gasa verslaan het.

2So sê die Here: Kyk, die waters rys op uit die noorde en hulle sal 'n oorlopende stroom word; ja, hulle oorstroom die land en sy volheid, die stad en die wat daarin woon; en die mense sal skreeu, en al die inwoners van die land sal huil,

3weens die stampgeluid van sy perde se pote, weens die geraas van sy waens, die gedreun van sy wiele. Die vaders kyk nie om na die kinders nie — so slap is die hande —

4weens die dag wat kom om al die Filistyne tot niet te maak, om van Tirus en Sidon die laaste een uit te roei wat kan help; want die Here maak die Filistyne tot niet, die oorblyfsel van die eiland Kaftor.

5'n Kaal plek het op Gasa gekom; Áskelon is vernietig, die oorblyfsel van hulle dal. Hoe lank sal jy jou stukkend kerwe?

6Wee, swaard van die Here, hoe lank sal jy geen rus hê nie? Keer terug in jou skede, rus en wees stil.

7Hoe sou dit rus hê, terwyl die Here daaraan bevel gegee het teen Áskelon en teen die seekus? Daar het Hy dit bestel.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help