PSALMS 67 - Afrikaans 1933/1953

Danklied by die oes.

1VIR die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm. 'n Lied.

2 Mag God ons genadig wees en ons seën; mag Hy sy aangesig by ons laat skyn! Sela.

3Sodat die mense op aarde u weg kan ken, onder al die nasies u heil.

4 Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof.

5Die nasies sal bly wees en jubel, omdat U die volke regverdig oordeel en die nasies op aarde lei. Sela.

6Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof.

7 Die aarde het sy opbrings gelewer; God, onse God, sal ons seën.

8God sal ons seën, en al die eindes van die aarde sal Hom vrees.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help