PSALMS 85 - Afrikaans 1933/1953

Die heil is naby!

1VIR die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Psalm.

2U het, o Here, 'n welbehae gehad in u land; die lot van Jakob het U verander.

3U het die ongeregtigheid van u volk weggeneem, al hulle sonde bedek. Sela.

4U het al u grimmigheid teruggetrek, U het U van die gloed van u toorn afgewend.

5 Herstel ons, o God van ons heil, en maak tot niet u grimmigheid teen ons!

6Sal U vir ewig teen ons toornig wees, u toorn laat duur van geslag tot geslag?

7Sal Ú ons nie weer lewend maak, sodat u volk in U bly kan wees nie?

8Laat ons u goedertierenheid sien, o Here, en gee ons u heil!

9 Ek wil hoor wat God die Here spreek. Ja, Hy spreek vrede vir sy volk en vir sy gunsgenote; maar laat hulle nie tot dwaasheid terugkeer nie!

10Gewis, sy heil is naby die wat Hom vrees, sodat heerlikheid in ons land kan woon.

11 Goedertierenheid en trou ontmoet mekaar; geregtigheid en vrede kus mekaar.

12Trou spruit uit die aarde en geregtigheid kyk uit die hemel neer.

13Ook gee die Here die goeie, en ons land lewer sy opbrings.

14Geregtigheid gaan voor Hom uit, en dit let op die weg van sy voetstappe.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help